gebore
9 Jan. 1895
OORLEDE
27 Des. 1971
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1927
ORDEN
1927
standplase
1927 Johannesburg
1928 Arb. Univ. Stud. Tvl.
1933 Buitekerklike werk
1940 Naboomspruit
1945 S.A. Bybelvereniging
1949 Kempton Park
1908 Prof. Teol. Sem
EMERITEER
1959
Dr. Franciscus Dionysius (dio) Moorrees is op 27 Desember 1971 in ‘n Kaapstadse hospitaal Oorlede. Hy was ‘n seun van wyle prof. Adriaan Moorrees van die Kweekskool en is op 9 Januarie 1895 gebore, toe sy vader nog predikant van Kaapstad was. Vir sy gevorderde studie gaan hy na Utrecht en Groningen in Nederland en in 1927 keer hy na sy vaderland terug. Hy Word gelegitimeer en dien vir ‘n kort tydjie as hulpprediker op Cradock, voordat hy in Augustus daardie jaar leraar van Johannesburg word. ‘n Jaar daarna aanvaar hy die benoeming as die Transvaal se eerste Studenteleraar. Vanaf 1933 doen hy buitekerklike werk, totdat hy in 1940 predikant van Naboomspruit word. Daar arbei hy tot in 1945 toe hy by die S.A. Bybelvereniging in Kaapstad aansluit. In 1949 gaan hy as leraar na Kempton Park, waar hy tot sy aftrede in 1959 met vrug werk. As vrygesel vestig hy hom nou by sy twee susters in Seepunt en vir die volgende jare los hy dikwels in gemeentes en in sekere Skiereilandse hospitale af, terwyl hy ook deeltydse pligte by die Kaapse Sinodale Inligtingsburo vervul. Tydens Wêreldoorlog II het hy as veldprediker in Egipte, Italië, en Frans-Noord-Afrika gedien. Hy was ‘n geliefde leraar en ‘n begaafde, innig gelowige en wellewende mens „die verpersoonliking van verfyndheid, vriendelikheid en korrektheid”. (Jaarboek 1973/446).