
gebore
10 Apr. 1934
OORLEDE
7 Feb. 1983
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1959
ORDEN
1960
standplase
1960 Cachet
1963 Lusaka
1965 Queenstown
EMERITEER
–
Ds. Johannes Gerhard Moolman (10.4.1934 – 7.2.1983); van die moedergemeente George, se skielike heengaan het vir sy gemeente en die gemeenskap daar wat hom hoë agting toegedra het, sowel as vir sy wye vriendekring, as ‘n groot skok gekom. Hy is in die hospitaal op George oorlede nadat hy op Plettenbergbaai, waarheen hy enkele dae vantevore gegaan het om op aanbeveling van sy geneesheer te rus, ‘n hartaanval gekry het. Hy was uit Cradock in Oos-Kaapland afkomstig en met BA-Honneurs, BD en sy teologiese voorbereiding agter die rug, word hy tydens die eeufeesviering van die Stellenbosse Kweekskool in 1959 gelegitimeer. Sy bediening begin met sy bevestiging op 9.4.1960 in die Suid-Transvaalse gemeente Cachet (Primrose) en daarna staan hy in Lusaka in Zambië (1963); Queenstown (1965); Aasvoëlkop in Suid-Transvaal (1970) en George (November 1974); Hy het hom heelhartig aan sy taak gewy en was baie gewild in sy gemeentes.