Moolman, Gerhardus Ignatius

 

gebore

1904

OORLEDE

1 Jan. 1953

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1932

ORDEN

1933

standplase

Uitenhage (Hpr.)

1937 Paterson

1941 Port Elizabeth-Suid

1947 Glen Lynden

EMERITEER

Ds. Gerhardus Ignatius Moolman is in 1904 in die distrik Humansdorp gebore en het op 1 Januarie 1953 skielik heengegaan. Hy is in 1932 gelegitimeer en in 1933 as hulpprediker van Uitenhage bevestig. In 1937 is hy na Paterson en na ‘n bediening van vier jaar is hy in 1941 na Port Elizabeth-Suid. Daar het hy ses jaar gearbei totdat hy in 1947 ‘n beroep na Bedford (die gemeente Glen Lynden) aangeneem het. Daar het hy met groot erns en toewyding die gemeente tot sy dood toe bedien. ‘n Ouderling van Bedford skrywe o.a.: “In sy omgang met sy gemeente was hy baie innig en opreg In sy gebedslewe was hy ʼn reus”.