Mmatladi, Jacob Matsau Mmatladi

 

gebore

16.8.1925

OORLEDE

Mrt. 1986

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

ORDEN

standplase

EMERITEER

Hy was sedert 1978 leraar van die NGKA-gemeente Talrina by Kuruman in die sinodale gebied van Phororo. Hy het op Mabieskraal opgegroei waar sy vader ‘n ouderling was en dit was ook sy eerste werkkring toe hy na sy toelating in 1958 medeleraar in Saulspoort, Noord-Transvaal, geword het. Later staan hy in Mochudi-Wes in die huidige Botswana en toe in Magaliesberg en Lichtenburg-Wes (albei in Suid-Transvaal); voordat hy na sy laaste gemeente vertrek.