Minnaar, John-William Felix

 

gebore

25 Des. 1924

OORLEDE

31 Jan. 1987

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

ORDEN

standplase

EMERITEER

Hy het op Wellington die eerste lewenslig aanskou. Na sy opleiding as onderwyser aan die Athlone-instituut was hy bevoorreg om 24 jaar as onderwyser diens te doen. As onderwysman het hy by die volgende skole onderwys gegee: Strydenburg, Citrusdal, Robertson, Constantia. Voor-Groenberg en Bovlei in Wellington. Hy was ongeveer vyf jaar hoof van die NGK Primêre Skool Voor-Groenberg. Ds. Minnaar het reeds vroeg in sy lewe bewus geword van sy roeping as evangeliedienaar. Aan die begin van 1966 begin hy met die admissiekursusaan die Universiteitskollege van Wes-Kaapland. In November 1971 word hy in Bellville as predikant van die NG Sendingkerk in SA gelegitimeer. In April 1972 volg sy bevestiging met handoplegging as leraar van Gelvandale in Port Elizabeth. Na 3 1/2 jaar se vrugbare diens in hierdie gemeente aanvaar hy ‘n beroep na Albertinia waar hy 6 1/2 jaar werksaam was. Op 13 Desember 1981 word hy in Saron bevestig, waar hy tot met sy heengaan sou arbei. Hy word onthou as die toegewyde pastor en prediker wat met groot sorg met die Skrif omgegaan het. Dit was vir hom ‘n prioriteitsaak dat die administrasie moes skoon wees en belangrik dat daar nooit ‘n dwaalleer in sy gemeente verkondig sou word nie. ‘n Ander aspek van sy lewe waarvoor hy onthou sal word, is die gemeenskapsgerigte dienslewering wat hy en sy eggenote verrig het. Ds. Minnaar word oorleef deur sy vrou, Ragel, en ses kinders.