GEBORE
24 Mrt. 1895
OORLEDE
29 Apr. 1971
UNIVERSITEIT
–
GELEGITIMEER
1923
ORDEN
1924
STANDPLASE
1924 Maleking
1932 Parow
1951 Mochudi-Sending
EMERITEER
1962
Ds. Johannes Cornelius Nicolaas Mentz is op 29 April 1971 na, ‘n swaar siekbed op Parys oorlede, waar hy vir die laaste jaar van sy lewe gewoon het. Op 24 Maart 1895 in die distrik Somerset-Oos gebore, staan hy van 1923 tot 1962 in die aktiewe bediening as leraar van Mafeking (1924) en van Parow (1932) en toe vanaf 1951 tot 1962 in ons kerk se Botswana sending op Mochudi. Sy nederigheid, deeglikheid en toewyding het hom in sy gemeentes bemind gemaak. In Parow het hy kostelike werk verrig in die jare toe talle plattelandse Afrikaners in die. stad ‘n nuwe lewensbestaan kom soek het. Sy vriende onthou hom as ʼn ware vriend en voorbeeld van Gods ryke genade, wat sy bale talente onverdeeld aan die Here toegewy het”. Op Stellenbosch was hy een van die twee eerste studente wat die B.D. met onderskeiding verwerf het. (Jaarboek 1972/539)