GEBORE
18 April 1705
OORLEDE
23 Apr. 1757
UNIVERSITEIT
–
GELEGITIMEER
1743
ORDEN
–
STANDPLASE
1743 Rodesand
EMERITEER
–
Ds. Arnoldus Mauritius Meiring is op 18 April 1705 in Lingen, Niederschsen gebore. Hy was predikant van die Verenigde Oos-Indiese Maatskappy en stamvader van die Meirings in Suid-Afrika. Hy het op 28 Maart 1743 aan boord van die Adrichem in Tafelbaai geland. In dié tyd is ’n gemeente in die Land van Waveren op die plaas Roodezand gestig en Meiring was die eerste predikant. (Die kerkplaas en distrik het in 1804 die naam Tulbagh gekry.) Hy was in 1749 skriba van die “Gekombineerde Kerk-Vergadering,” opvolger van die “Kaapsche Klassis.” Hy is in die tuig oorlede te Tulbagh op 23 April 1757 en voor die preekstoel begrawe.