Martins, Johannes Nieuwoudt

 

GEBORE

9 Des. 1857

OORLEDE

14 Sept. 1938

UNIVERSITEIT

GELEGITIMEER

1886

ORDEN

1888

STANDPLASE

Johannesburg

EMERITEER

1920

Ds. Johannes Nieuwoudt Martins is ‘n seun van Graaff-Reinet waar hy gebore is op 9 Desember 1857. Na sy matrikulasie-eksamen is hy na die kweekskool, Stellenbosch, en in 1886 afgestudeer as predikant. In begin 1887 het hy sy loopbaan aanvaar as hulpprediker van “Oupa” Kriel in die gemeente Dutoitspan. Dieselfde jaar het hy as eerste leraar aan die Rand die beroep na die gemeente Johannesburg (Braamfontein) aangeneem en daar gestaan tot 1920 toe hy met pensioen afgetree het. Hy was pionier-predikant van ons Kerk aan die Rand. Nadat hy met pensioen afgetree het, het Ds. Martins ‘n kerkie in Auckland-park laat bou waar hy jare lank geloofsgenesing beoefen het. Op 14 September 1938 is hy aldaar ontslape in sy 81ste jaar.