Martins, Harper

 

GEBORE

24 Jul. 1896

OORLEDE

23 Okt. 1977

UNIVERSITEIT

GELEGITIMEER

1926

ORDEN

1927

STANDPLASE

1927 Magaliesberg

1929 Cedarville

1931 Wepener

1942 Spoorwegleraar, 0.V.S.

1947 Pretoria-Wes

1952 Kapelaan van die S.A. Polisie

EMERITEER

1961

Ds. Harper Martins (24.7.1896 – 23.1O. 1977) is drie maande nadat hy en sy eggenote hul goue bruilof gevier het, op gevorderde leeftyd op Petit naby Benoni aan hartversaking Oorlede. Nadat hy op Stellenbosch vir die bediening toegerusis, word hy 1926 gelegitimeer en 21.5.1927 in die gemeente Magaliesberg in die amp bevestig. Daarna bedien hy Cedarville (1929) en Wepener (1931); voordat hy begin Desember 1942 spoorwegleraar in die OVS word. Van Mei 1947 af staan hy in Pretoria-Wes, totdat hy 1952 as die eerste voltydse kapelaan van die SA Polisie aangestel word. Die betrekking beklee hy tot sy aftrede 1961. Gedurende die jare van sy diens in die polisiemag, deurreis hy ons hele land in belang van die geestelike heil van die polisiemanne en beywer hy hom ook vir hul kulturele belange. Self was hy ‘n bekende skrywerdigter, wie se pennevrugte vroeër in Die Huisgenoot en ander tydskrifte verskyn het. Hy was fors van gestalte en ‘n kleurvolle persoonlikheid. (Jaarboek 1979/269).