Martens, Jan Thomas * 1949

 

GEBORE

3 Jan. 1949

OORLEDE

31 Des. 1979

UNIVERSITEIT

US

GELEGITIMEER

1978

ORDEN

1979

STANDPLASE

1979 Stutterheim

EMERITEER

Ds Jan Thomas Martens (3.1.1949 – 31.12.1979) die belowende jong leraar van Stutterheim in Oos-Kaapland, is in die vroeë oggendure van Oujaarsdag 1979, drie dae voor sy 31ste verjaardag, aan ‘n hartaanval in sy slaap oorlede. Hy het voorheen gesondheidsprobleme ondervind, maar voor sy heengaan was hy redelik gesond. Nadat hy sy skoolloopbaan voltooi en die vereiste militêre diens verrig het, gaan hy aanvanklik Stellenbosch toe om hom vir die onderwys te bekwaam. Sy besluit om predikant te word, lei hom egter na die Kweekskool en einde 1978 word hy tot die bediening toegelaat. Aangesien hy maar op 20.4.1979 op Stutterheim bevestig is, was dit hom vergun om slegs agt maande in die bediening te staan. Hy is op sy geboorteplek, Greytown in Natal, ter ruste gelê. (Jaarboek 1981/257).