
Gebore
25 Junie 1859
Oorlede
18 Desember 1904
Universiteit
–
gelegitimeer
–
georden
–
standplase
1885 Bethulie
1894 Winburg
1904 Bloemfontein
emeriteer
–
Jacobus Johannes Tier Marquard is op 25 Junie 1859 te Kaapstad gebore en sterf op 18 Desember 1904 in die pastorie op Winburg.
Hy tree in die huwelik met Margaret Murray die dogter van prof John Murray.
Hy is op 21 Mei 1885 in Bethulie bevestig. Dié bekwame leraar sit die werk van sy voorganger met ywer voort en arbei nege jaar lank met merkbare seën. Onder sy leiding word ’n sierlike kerk gebou, waarvan die hoeksteen in 1886 deur pres. J.H. Brand gelê word en in Julie 1887 sonder skuld ingewy word teen ’n koste van sowat £7 500. In 1893 het die Kerkraad die sendinggemeente van die Franse Sendinggenootskap oorgeneem. Die gemeente het met groot droefheid in 1894 van ds. Marquard afskeid geneem toe hy na Winburg vertrek.
Ds Marquard is predikant op Winburg sedert 1894 en met die uitbreek van die Anglo Boere-oorlog sluit hy die by die Kommando’s aan as kapelaan. In Julie 1900 word hy by Golden Gate gevange geneem en na die Konsentrasiekamp in die Kaap gestuur. Gedurende die oorlog het sy vrou talle briewe aan haar moeder op Stellenbosch geskryf waarin detail oor die daaglikse lewe van trauma en oorlog beskryf word – van die bak van beskuit vir die kommandolede, tot hoe die Britse soldate beslag gelê het op die Boere se perde, hul waens en huise.
Na die oorlog het ds Marquard teruggekeer na Winburg en die kinderhuis op die dorp begin. Onder sy leiding word die nuwe kerk gebou en in 1904 aanvaar hy ‘n beroep na Bloemfontein. Hy doen egter ingewandskoors op en sterf binne vier weke. Die Vrystaatse dorpie Marquard is na hom vernoem. Hul seun Leopold (Leo) was die stigter van NUSAS. (Geskryf deur Andrew Kok)