Manda, Lameke K

 

Gebore

OORLEDE

19 Jun. 1958

UNIVERSITEIT

GELEGITImeer

ORDEN

STANDPLASe

EMIRITEER

Hy was een van die eerste bekeerlinge van die Kasungu-streek (Njassaland); Hy het eers die Skotse kerk as onderwyser gedien en is later deur hulle as leraar opgelei. Met die oorhandiging van Kasungu-stasie aan die N.G. Kerk-sending het Lameke ook na ons oorgekom. Op 20 Desember 1925 is hy op Kasungu bevestig as leraar. Hy was ‘n getroue herder, en nieteenstaande baie moeilikhede het hy getrou en standvastig gebly. Van 1953 tot 1956 was hy by die Njassatroepe in Malaya as kapelaan, waar hy ook waardevolle werk gedoen het. Hy is op 19 Junie 1958 op Kasungu oorlede.