Malherbe, Joel Hendrik

 

GEBORE

OORLEDE

10 Jun. 1973

UNIVERSITEIT

GELEGITIMEER

1919

ORDEN

1920

STANDPLASE

1920, Adelaide (Hpr.)

1921 Victoria en Peddie

1926 Cradock

EMERITEER

1952

 

Ds. Joël Hendrik Malherbe, ‘n seun uit Strydenburg se pastorie, het meer as 32 jaar lank in die Oos-Kaaplandse gemeentes Adelaide (hulpprediker, 1920); Victoria (Alice)-Peddie (1921) en Cradock (1926) gestaan. Op 21 Junie 1896 gebore, voltooi hy sy skoolloopbaan op Villiersdorp en einde 1919 word hy op Stellenbosch tot die bediening toegelaat. Nadat hy Augustus 1952 weens verswakte gesondheid afgetree het, woon hy eers op ‘n plaas in die distrik en later op die dorp Cradock, waar hy 10 Junie 1973 die tydelike met die ewige verwissel. Hy was ‘n vriendelike mens, wat nogtans nie geskroom het om vir sy oortuigings uit te kom nie. Die ring van Albanie het jare lank in hom ‘n bekwame skriba gehad. (Jaarboek 1974/457).