Malan, Jan Jakob Daniel

 

GEBORE

23 Apr. 1901

OORLEDE

28 Jun. 1972

UNIVERSITEIT

GELEGITIMEER

1927

ORDEN

1928

STANDPLASE

1928, Wellington (Hpr.)

1929 Redelinghuys

1931 Koringberg

1939 Kareedouw

1945 Tzitzikama

1946 Koringberg

1951 Nuwerus

1956 Aurora

EMERITEER

1961

Ds Jan Jakob Daniel Malan is op 23 April 1901 gebore as seun van mnr. G. S. Malan wat jare lank onder die gemeente Somerset-Wes as godsdiensonderwyser op Grabouw werksaam was.  Aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf hy die grade B.A. en M.A. en, en na die voltooiing van die teologiese kursusaan die Kweekskool die vorige jaar, word hy teen die einde van 1928 hulpprediker op Wellington. Vervolgens bedien hy die gemeentes Redelinghuys (1929); Koringberg (1931); Kareedouw (1939); Tsitsikamma (1945); Koringberg (1946); Nuwerus(1951) en Aurora (1956) met bekwaamheid, toewyding en ywer. In 1967 aanvaar hy sy emeritaat, maar tot in 1971 doen hy nog afloswerk. Hy sterf op 28 Junie 1972 in ‘n hospitaal in Bellville. (Jaarboek 1973/466).