Malan, Jacobus Petrus

 

GEBORE

22 Nov. 1925

OORLEDE

28 Jun. 1996

UNIVERSITEIT

GELEGITIMEER

1971

ORDEN

1972

STANDPLASE

1972 Witbank (deeltydse kapelaan)

Op 26 Jun. 1975 Hertzogville

1 Sep 1978 Grabouw op Empangeni

EMERITEER

1991

Japie Malan is op 22 November 1925 op Victoria-Wes gebore. Hy het sy skool-loopbaan op Springfontein begin. Hy begin in 1941 as bode in die staatsdiens werk en verwerf in 1943 in Bloemfontein ‘n standerd agt sertifikaat met aandklasse. Hy begin toe by die Spoorweë as personeelklerk werk. In 1952 verhuis hulle na Vanderbijlpark waar by vir Yskor as produksiebeplanner werk.

Hier is by kerklik baie aktief en ontvang by die roeping tot die evangeliebediening. Hy reduseers matriek per korrespondensie af en begin by Unisa met sy BA-studie. In 1966 bedank hy by Yskor en gaan werk snags in Bellville by die brandweer terwyl hy in 1967 ‘n BA-graad deur Unisa voltooi.

Hy gaan in 1968 na Stellenbosch vir sy teologiese opleiding, waar hy in sy derde jaar klas-primarius word en in sy finale jaar (1970) as Kweekskool-primarius gekies word. Op sy verjaarsdag in November 1971 word hy gelegitimeer op dieselfde dag dat sy oudste dogter haar laaste matriekvak skryf!

Sy eerste gemeente is Witbank waar hy op 15 Januarie 1972 georden word nadat by die aand van sy legitimasie drie beroepe ontvang het. Hier was by ook deeltydse kapelaan. Op 26 Junie 1975 word by op Hertzogville bevestig en verskuif op 1 September 1978 na Grabouw. Daar het by ‘n vrugbare arbeidstydperk vir dertien jaar totdat by op 1 September 1991 emeriteer.

Hy ontmoet sy lewensmaat reeds toe hy by die Spoorweë gewerk het en tree op 5 Maart 1949 met Maria Johanna Venter in Bloemfontein in die huwelik. Uit die huwelik is twee dogters gebore, Rene en Annelie, en daar is een kleinkind, Maderie.

Na sy aftrede vestig die Malans hulle op Kleinmond. Ds. Malan geniet ‘n gelukkige gesonde lewe tot in Junie 1996. Daar het intussen ‘n seldsame longfibrose by hom ontwikkel en toe ‘n biopsie gedoen is om vas te stel wat dit is, het by skielik agteruit gegaan nadat by in die Medi-Kliniek op Somerset-Wes en in Hermanus versorg is. Daarna is by huis toe geneem waar by aan ‘n suurstofmasjien gekoppel moes word en sy vrou hom liefderik versorg het tot sy dood op 28 Junie 1996.

Hy was ‘n ernstige en toegewyde predikant en ‘n oorredende prediker. Daar word van hom getuig dat die gemeentes waar by was, nie dieselfde was as toe by daar gekom het nie. Dinge het geestelik gebeur. Hy was ‘n rustige, kalm, maar ernstige en gedissiplineerde mens. Hy het die geloofsdimensie van hoop orals met hom saamgedra. Sy lewe kan saamgevat word as “ʼn kind van hoop’. ‘Hy het soveel deernis gehad en met sy warm medemenslikheid en altydblywende optimisme het by telkens die saailand van mense se harte voorberei vir nuwe moontlikhede.’ Hierin was by ook ‘n voorbeeld vir almal met bewoënheid vir die sieleheil van sy gemeentelede. Sy lojaliteit aan sy gemeentes en ‘n passie vir die koninkryk van God was kenmerkend. Daarby was by ‘n goeie man en vader. `Ek sou nooit ‘n ander man wou gehad het nie. Hy was my eggenoot, vennoot in die huwelik, my beste maat, geliefde en vriend,’ sê sy vrou. – (DJ Viljoen, onder andere aan die hand van gegewens verkry van mev. Malan.) (Jaarboek 1997).