Malan, Hendrik Frederik

 

GEBORE

23 Sep. 1946

OORLEDE

1 Okt. 1979

UNIVERSITEIT

GELEGITIMEER

1974

ORDEN

1974

STANDPLASE

1975 NGKA op Empangeni

EMERITEER

Ds Hendrik Frederik Malan (23.9.1946 – 1.10.1979) het as gevolg van ‘n ongeluk wat plaasgevind het terwyl hy en sy helpers besig was om die beskadigde dak van sy kerk van teëls te voorsien, in die hospitaal beswyk. Hy en ds. A E Malan (NGKA Louwsburg) was seuns van ds. J S (Hansie) Malan wat, voordat hy uitgespan het, onder andere as sendingleraar in Sekhukhuneland en in Swaziland werksaam was. Hy is op Wakkerstroom gebore waar sy vader destyds gestaan het. Einde 1974 word hy op Stellenbosch gelegitimeer en 9.2.1975 in diens van die NGKA op Empangeni bevestig – ‘n gemeente wat die gebied van vier gemeentes van die Moederkerk beslaan. Hier arbei hy as ‘n blymoedige werker op die akker van die Koninkryk voort, totdat hy op die jeugdige leeftyd van 33 jaar weggeroep word. (Jaarboek 1981/256).