Luckhoff, Paul Daniel

 

GEBORE

16 Jun. 1914

OORLEDE

05 Okt. 1995

UNIVERSITEIT

GELEGITIMEER

1939

ORDEN

1942

STANDPLASE

1942 Bloemhof

1947 Bulawayo

1950 Kestell

1959 Taaibosspruit

1963 Carletonville

 Dienste van die Dept van Gevangenisse

EMERITEER

Ds Paul Daniël Luckhoff 16.06.1914 – 05.1O. 1995

Paul Luckhoff is op Darling op 16 Junie, 1914 gebore. Hy kom uit ‘n bekende predikantsfamilie aangesien sy oupa ‘n Rynse sendeling op Stellenbosch was en sy vader ook predikant was. Hy gaan skool aan die Bloemhofskool op Stellenbosch en gaan daarna na die Teologiese Kweekskool waar hy in 1939 gelegitimeer word.

Sy eerste gemeente is Bloemhof waar hy op 24.1O. 1944 georden word. Daarna gaan hy na Bulawayo (12.04.1947); Op Bulawayo is die orreliste ‘n sekere mej Ragel Maria Mare (van Umtali); Die liefde het gou geblom en hulle is in 1948 getroud. Hulle het drie kinders: Danie (predikant van die Strooidakkerk in die Paarl); Margaretha en Paul Philippus. Tans is daar drie kleinkinders.

Sy verdere bediening is in die volgende gemeentes: Kestell (04.02.1950); Taaibosspruit (05.12.1959); Carletonville (02.03.1963) en Hanover (27.04.1974); Hy aanvaar sy emeritaat op 12 Maart 1978, waarna hulle op Kleinmond gaan woon.

Weens aanhoudende griepaanvalle is sy longe verswak en is hy geleidelik afgetakel. Uiteindelik, na agt jaar, is hy na Esperanza in die Strand waar hy na drie jaar op 5 Oktober 1995 in die ouderdom van 81 jaar oorlede is.

Hy was ‘n getroue dienaar van die Here vir 39 jaar. In die bediening was sy sterk punt die pastoraat. Hy was ‘n aktiewe en rustige luisteraar. Die diens van barmhartigheid was ook na aan sy hart. Daarby was hy ‘n sterk prediker.

Veral sy kinderpreke het besondere aandag getrek. Hoewel hy hom meer toegespits het op sy gemeentewerk, was hy tog in ‘n stadium ook hulpskriba van die sinode van die Oranje Vrystaat.

Vir sy vrou en kinders was hy ‘n wonderlike man en pa. Hy het nooit kwaad geword nie. Hy was ‘n gelykmatige mens wat ‘n toonbeeld was van sy eie lering en lewensbeskouing. – Viljoen, aan die hand van gesprekke met die familie.