GEBORE
6 Jul. 1874
OORLEDE
5 Mei 1963
UNIVERSITEIT
US
GELEGITIMEER
1900
ORDEN
1904
STANDPLASE
Caledon (Hpr.)
1905 Namakwaland opvoeding
1912 Darling
1916 Sekr. Armsorg, Kaap
EMERITEER
1943
Dr. August Daniël Luckhoff is op 6 Julie 1874 in Colesberg gebore. Nadat hy enige jare skoolgehou het, het hy in 1896 na die Kweekskool op Stellenbosch gegaan. In die Tweede Vryheidsoorlog was hy kampprediker op Bethulie, waar die toestande betreurenswaardig was. Daarna het hy die gemeentes Caledon (1904-1905) en Darling (1912-1916) bedien, maar deurentyd het hy hom beywer in belang van die onderwys van die verarmde en verwaarloosde kinders, veral in die Noordweste, en vir die behoeftiges in die algemeen. Die Universiteit van Stellenbosch het hierdie arbeid erken deur hom die eregraad van doktor in die opvoeding toe te ken. Van 1916 tot 1943 was hy Alge-mene Armesorgsekretaris van die Kaapse Kerk, en onder sy besieling het groot dinge tot stand gekom. Hy is op 5 Mei 1963 in die ouderdom van 88 jaar oorlede.