GEBORE
29 Okt. 1909
OORLEDE
25 Jun. 1971
UNIVERSITEIT
–
GELEGITIMEER
1935
ORDEN
1936
STANDPLASE
Moria (Hulp.)
1937 Vorentoe
1939 Magaliesberg
1943 Molopo
1944 Rustenburg-Oos
1950 Middelburg Tvl.
1952 Die Vleie
1956 Swellendam
1960 Napier
EMERITEER
1969
Ds. Willem Jacobus Gerhardus Lubbe het ‘n geseënde dienstyd van meer as 33 jaar in die gemeentes Moria (hulpprediker, 1936); Vorentoe (1937); Magaliesberg (1939); Malopo (1943); Rustenburg-Oos (1944); Middelburg, Tvl. (1950); Die Vleie (1952); Swellendam (1956) en Napier (1960); in Augustus1969 weens swak gesondheid afgetree. Hy is op 29 Oktober 1909 op Bospoort in die gemeente Hartbeesfontein gebore en op 25 Junie 1971 oorlede op Caledon, waar hy sedert sy uittrede woonagtig was. (Jaarboek 1972/539).