Lubbe, David Stephanus

 

GEBORE

16 Mrt. 1899

OORLEDE

17 Mrt. 1976

UNIVERSITEIT

GELEGITIMEER

1930

ORDEN

STANDPLASE

Koster-Derby (1931)

Danielskuil (1937)

Edenvale (1944)

De Rust (1947)

Ladybrand-Noord (1953)

Brakpan-Noord (1965)

EMERITEER

1966

Ds David Stefanus Lubbe (16.3.1899 – 17.3.1976) is op Vanderbijlpark oorlede. Nadat hy sy studies op Stellenbosch voltooi het, word hy einde 1930 gelegitimeer. Vervolgens is hy in drie gemeentes hulpprediker en daarna bedien hy Koster-Derby (1931); Danielskuil (1937); Edenvale (1944); De Rust (1947); Ladybrand-Noord (1953) en Brakpan-Noord (1965); totdat hy einde September 1966 emeriteer. Hy en sy eggenote vestig hulle toe op Boksburg-Noord waar hy vir ‘n onbepaalde tyd as hulpleraar sou optree, maar gedurende die volgende jare verrig hy in nog ‘n stuk of tien Transvaalse en Vrystaatse gemeentes gewaardeerde hulpdiens. Een van sy seuns is ds W J Lubbe van Rustenburg-Voorspoed. (Jaarboek 1977/311)