GEBORE
23 Sep. 1948
OORLEDE
12 Jul. 1980
UNIVERSITEIT
–
GELEGITIMEER
1978
ORDEN
–
STANDPLASE
Kuilsrivier-Suid (Jeugwerker)
12.1.1979 Uitenhage-Noord
EMERITEER
–
Ds Pieter Malan Louw (23.9.1948 – 12.7.1980) van die gemeente Uitenhage-Noord het slegs agttien maande in die bediening gestaan toe hy tydens ‘n konferensie van die Senior KJA in Bloemfontein skielik tot hoër diens geroep is. Sy dood is blykbaar veroorsaak deurdat die griep wat hy voor sy vertrek na Bloemfontein reeds gehad het, sy hart aangetas het. Sy kort maar vol lewe het op Keimoes begin en daar voltooi hy 1966 sy skoolloopbaan. Reeds op skool begin hy hom as leier en sportman onderskei. Nadat hy 1967 sy weermagsdiens verrig het, werk hy in ‘n bank om eers tot volle sekerheid van sy roeping tot die evangeliebediening te kom. Vanaf 1971 volg hy op Potchefstroom die Admissiekursusen 1975 skryf hy by die Kweekskool in. Hier neem hy ‘n leidende aandeel aan die verenigings- en die breëre studentelewe, sodat hy in sy finale jaar voorsitter van Polumnia word. ‘n Paar jaar voordat hy November 1978 gelegitimeer word, stel die gemeente Kuilsrivier-Suid hom as jeugarbeider aan. Van die ses beroepe wat net na sy toelating ontvang, neem hy die een na Uitenhage-noord aan en daar word hy 12.1.1979 bevestig. In Uitenhage neem hy gou die leiding van die Belydende KJA op sy skouers. Hy as ‘n toegewyde leraar en ‘n bewoë herder, ‘n besondere verkondiger van die Woord en ‘n uitstekende kategeet, gedissiplineerd in sy studeerkamer en ‘n harde werker. Hy en sy broer Ryno het saam aan die Kweekskool afgestudeer. (Jaarboek 1981/256)