Louw, Paul Louis * 1890

Ds PL Louw

GEBORE

6 Jan. 1890

OORLEDE

14 Feb. 1933

UNIVERSITEIT

US

GELEGITIMEER

1914

ORDEN

1915

STANDPLASE

1915 Venterstad

1920 Dealesville

1926 Kareedouw

EMERITEER

Ds. PL Louw + 14/2/1933 * 6/1/1890 Ds. Paul Louis Louw is 6 Januarie 1890 op Hopetown gebore, waar sy vader, wyle Ds. J. D. Louw, indertyd predikant, was. Reeds in sy jongelingsjare het die begeerte tot die evangeliebediening in hom tot openbaring gekom. Na voorbereidende studie is hy na Stellenbosch en aan die einde van 1914 het hy uit die kweekskool met sukses sy proponentseksamen. Met sy vader op die tweetal is hy beroep na Venterstad en daar op 10 April 1915 georden en bevestig. Hier het hy met lus en seën gearbei tot 1920, toe hy ‘n beroep na Dealsville aangeneem het. In die Vrystaat het hy ietwat langer as vyf jaar met groot toegewydheid en ywer gearbei, maar hieraan is deur sy aanname van ‘n beroep na sy laaste gemeente ‘n einde gemaak. Dit Karreedouw, waar hy 13 Februarie 1926 bevestig is en dit hom geluk het om deur sy organisasietalent, sy opgewektheid en vriendelikheid, sy heldere en pakkende evangeliebediening die gemeente so met moed en lus te besiel en aan hom so te bind  dat hulle hom gewillig gevolg het. Tydens die Sinode van 1932, wat hy nog bygewoon het, het hy ‘n beroep na Piketberg ontvang en aangeneem, maar hy het die aanname later teruggetrek toe dit blyk dat hy aan ‘n ongeneeslike krankheid lydende was. Op 14 Februarie 1933 is hy in die verplegingsinrigting te Kaapstad verlos en sag en kalm met groot geloofsvertroue in sy Heiland