GEBORE
4 Des. 1887
OORLEDE
6 Feb. 1952
UNIVERSITEIT
–
GELEGITIMEER
1918
ORDEN
1919
STANDPLASE
1922 Cornelia
EMERITEER
1945
Ds. Nicolaas Johannes Louw is op 4 Desember 1887 in die distrik Bethal gebore. Voordat hy in 1908 na Wellington is en later na Stellenbosch om sy teologiese studies te voltooi, het hy geboer. Hy is in 1918 gelegitimeer en in 1919 te Mafeking bevestig waar hy werksaam was tot 1922 toe hy na Cornelia verhuis het. In laasgenoemde gemeente was hy vir 23 jaar lank werksaam totdat hy in 1945 weens swak gesondheid sy emeritaat aanvaar. Nadat hysy emeritaat aanvaar het, het hy te Villieria gaan woon. Ds. Louw is op 6 Februarie oorlede.