Louw, Izak Stephanus

 

GEBORE

19 Mrt. 1920

OORLEDE

06 Apr. 2001

UNIVERSITEIT

GELEGITIMEER

1947

ORDEN

1948

STANDPLASE

1948 De Doorns

1958 Ceres

1961 Hanover

Britstown

EMERITEER

Ds Louwthe (Sakkie) Louw (Teol. Dipl.) (19/03/1920 – 06/04/2001)

Izak StephanusLouw is op 19 Maart 1920 te Namies in die distrik Pofadder gebore en word as kind groot in die omgewing van Onseepkans. Sy ouers was Willem Casper Louw en Anna Catharina Maass, twee godvresende ouers wat die Here ken en dien. Hy was ‘n boer in murg en been en maak ‘n bestaan uit ‘n gemengde boerdery. Hulle was arm en het in nederige eenvoud gelewe, selfs die kinders het as arbeiders hard gewerk met die boerdery. Daarom stel Loutjie in sy kinderjare baie belang in landbou, veral in veeteelt, saai-en vrug teverbouing.

Hy begin in 1928 sy skoolloopbaan aan die Laerskool Onseepkans en is van 1932 tot 1935 leerling aan die Laerskool Kanoneiland. Van 1936 tot 1937 is hy leerling aan die Hoërskool Kanoneiland, waar hy die roeping ontvang om voltyds in diens van die Meester te staan. Hiema is hy leerling aan die Hoërskool Upington waar hy einde 1939 matrikuleer. Hierna is hy twee jaar lank van 1940 tot 1941 ‘n besproeiingsboer op Kanoneiland. Daarna vertrek hy na die Sending- Instituut op Wellington, waar hy wonderlike ervarings beleef.

Sy seun ds Willem Louw skryf: “Hy word in 1947 gelegitimeer. Hy het 27 beroepe ontvang tydens sy bedieningstydperk waarvan hy vyf aanvaar het. Vier was in die destydse NG Sendingkerk: De Dooms (Bevestig 13/3/1948 en demissie 1958); Ceres (Bevestig 1985 en demissie 1960); Hanover (Bevestig 20/1/1961 en demissie 1966); Britstown (Bevestig 1966 en demissie 1972); In Mei 1972 ontvang hy ‘n beroep na die NG Gemeente Augrabies (Bevestig 1972 en emeriteer 1985).”

In sy biografiese vonn skryf ds Louwtjie oor sy bediening en werk op wye akkers. Op Ceres gee hy aandag aan langtermyngevangenis. Die gemeenteskuld word afbetaal. Op De Dooms word ‘n skool en pastorie gebou. Op Augrabies word ‘n nuwe pyporrel geMstalleer, jeugkampe kry groot aftrek en die bekerings en herlewing is groot genade-oomblikke. Hulle beleef ook saam met die gemeenskap in 1974 een van die grootste vloedrampe in die Oranjerivier se geskiedenis, ook ‘n verwoestende droogte wat oor jare strek.

Louwtjie, ook bekend as Sakkie, trou op 28 Desember 1947 met Johanna Carolina Kleingeld, ook bekend as Jossie. Sy kwalifiseer op Wellington as maatskaplike werker en werk voor hulle troue in die omgewing van Knysna se woude onder die arm blankes. Uit die huwelik is vier kinders ge- bore: Danette, tans ‘n onderwyseres op Postmasburg; Narina, tans suster in verpleging in Saoedie-Arabië; Louine, tans onderwyseres te Hopetown; en Willem Louw, tans predikant by die NG Kerk Potchefstroom-Miederpark.

Hy aanvaar op 2 Junie 1985 sy emeritaat en die egpaar vestig hulle op Reebok in die Suidkaap. Jossie is op 12 November 1987 skielik oorlede aan breinkanker. Ds Izak StephanusLouw sterf op 6 April 2001 skielik na ‘n kort siekbed by sy dogter op Postmasburg. Sy roudiens word op 9 April 2001 op Postmasburg deur ds Nelis Janse van Rensburg gehou, albei se as rusin ‘n muur van herinnering in Bloemfontein.