GEBORE
19 Jan. 1905
OORLEDE
21 Febr. 1962
UNIVERSITEIT
–
GELEGITIMEER
1930
ORDEN
1931
STANDPLASE
Marydale (Hpr.)
1936 Boegoeberg
1937 Chubut
1939 Koppies
1947 Vaalharts
1949 Spoorwegleraar, O.V.S.
1956 Sekretaris Maatskaplike Sorg
EMERITEER
–
Ds. Willem Burger Loubser is op 19 Januarie 1905 gebore. Nadat hy in 1930 gelegitimeer is, was hy hulpprediker in die gemeente Marydale, en daarna predikant van die gemeente Boegoeberg. ln 1937 het hy na Chubut (Argentinië) gegaan, waar hy twee jaar gearbei het. Daarna het hy die gemeentes Koppies en Vaalharts bedien. Aan die einde van 1949 is hy as spoorwegleraar in die Vrystaat aangestel. ln 1956 het hy sekretaris vir Maatskaplike Sorg geword, en by sy heengaan was hy voorsitter van die Federale Raad vir die Diens van Barmhartigheid, asook van die Gefedereerde Kommissie vir Spoorwegbearbeiding. Ook was hy Direkteur van die Kinderhuis, Bloemfontein. Hy is op 21 Februarie 1962 oorlede in die ouderdom van 57 jaar.