Loubser, Johannes Daneel

 

GEBORE

06 Des. 1949

OORLEDE

02 Aug. 1993

UNIVERSITEIT

GELEGITIMEER

ORDEN

STANDPLASE

EMERITEER

Ds Daneel Loubser van die NG gemeente Tafelbaai in Table View is op 2 Augustus 1993 in ‘n motorongeluk oorlede. Hy is in 1974 gelegitimeer en het die gemeentes Uitenhage-Noord (1975); Goodwood (1982) en Tafelbaai (1984) bedien.

Daneel bly by ons in herinnering as ‘n man wat niemand ooit ten koste van iemand anders opsy sou skuif nie, maar wat sy gesin en gemeentelede altyd met liefdevolle aandag sou akkommodeer: soos tydens basaar waar by en sy vrou met behulp van ‘n tweerigtingradio die fort hou, maar toe die basaar op sy besigste raak by by na haar geroep om te se dat by vir haar lief is. En toe ‘n driejarige meisietjie hom een oggend voor ‘n erediens vra: ‘Is jy die dominee?’, het by rustig en vriendelik met haar gesels – die liturgiese prosesse vir die oomblik op die agtergrond.

Ons onthou ook sy besondere sin vir humor; dikwels aan die ontvangkant van ander se grappies, sonder om aanstoot te neem of gekrenk te voel. Dog baie versigtig om nie aanstoot te gee nie.

In 1992 sit by in die gemeenteblad sy ideale vir die gemeente uiteen: Onder meer dat die kerk sal oorloop van mense wat Jesusliefhet, dat meer mense tot inkeer sal kom, dat meer mense die geleentheid om geestelik te groei, sal benut, dat die gemeente ‘n hegter en liefdevoller eenheid sal word, dat eredienste vreugdevolle geleenthede sal word waar mense mekaar kan leer ken, dat `ons’ ‘n blymoedige en entoesiastiese gemeente sal wees – werklik ‘n skynende lig vir die Here, dat ons Sondae hartliker sal sing. En: ‘Dat meer mense doodgewoon by my en Christa sal kom kuier’ .

Hierdie ideale spreek boekdele van ‘n man wat homself gesien het as deel van sy gemeente, as dienskneg wat werk tot eer van sy God, met sy voete op die aarde, tussen sy mense. Hierdie ideale was nie bloot voorskrifte aan ‘n groep mense nie. Hy het self daarvoor gewerk met entoesiasme wat by nie altyd by die ons gevind het nie.

Sy laaste preek was miskien ‘n opsomming van sy benadering: ‘n vriendelike, gemoedelike begin met ‘n humoristiese verwysing na Calvyn se ure lange Kategismuspreke. Daarna kom die fokuspunt, gestroop van ompaaie en oorbodighede: `Wat is dan jou enigste troos in lewe en in sterwe? Dat ek aan JesusChristus, my getroue Saligmaker, behoort.’ Nie net ‘n preek vir kerkgangers nie, maar ook ‘n leefwyse. Sy liefde vir sy vrou, sy kinders, sy God, sy gemeente – alles in ‘n gesonde verhouding bymekaar gevoeg – dit was sy lewe.- Wim Els.