Loots, Zacharias Blomerus * 1958

Ds ZB Loots

GEBORE

24 Mei 1958

OORLEDE

UNIVERSITEIT

BA; BD; D.Litt (UP)

GELEGITIMEER

1983

ORDEN

1991

STANDPLASE

1991 Nietverdiend

1995 Derby

EMERITEER

Ds Rias Loots is in Bloemfontein gebore as die seun van ds Zacharias Blomerus (Zachie) Loots en Susanna Elizabeth Visagie. Hy matrikuleer in 1976 aan die Hoërskool Staatspresident CR Swart. In 1979 behaal hy die BA aan die Universiteit van Pretoria en in 1982 sy BD aan dieslefde instelling.

In 1979 behaal hy sy Springbokkleure in Judo. Hy tree op 12 Desember 1987 in die huwelik met Ina en hulle het twee kinders, Inneke en Zacharias Blomerus.

In staan in die bediening op Nietverdiend sedert 2 Maart 1991 en op 15 Januarie 1995 word hy op Derby bevestig.