Loots, Zacharias Blomerus * 1909

Dr ZB Loots

GEBORE

5 Jun 1909

OORLEDE

25 Jan 1988

UNIVERSITEIT

MA (UOVS); D Phil (UOVS)

GELEGITIMEER

1935

ORDEN

1936

STANDPLASE

1936 Philipstown

1941 Murraysburg

1943 Franschhoek

1947 Stellenbosch

1951 Bloemfontein-Noord

1968 Philidelphia

EMERITEER

15 Apr 1984

 

Dr ZB Loots is op 5 Junie 1909 in Britstown gebore, vyf maande na die dood van sy vader. Hy was een van sewe kinders. Sy broers was dr PJ Loots en eerw HJ Loots. Hy behaal in 1963 sy MA en in 1965 sy DPhil aan die Universiteit van die OVS. Hy word in 1935 gelegitimeer en word in 1936 in Philipstown georden. Daarna dien hy in gemeentes te Murraysburg, Franschhoek, Stellenbosch, Bloemfontein-Noord en ten laaste in Philadelphia. Hy emeriteer op 15 April 1984 waarna hy en sy vrou hulle op Melkbosstrand vestig.

In sy dienstydperk dien hy as Aktuaris van die Vrystaatse Sinode, Hy was ook lid van die Sinodale Regskommissie in Wes-Kaapland, lid van die Kuratorium, voorsitter van die Kaaplandse Armesorgkommissie, en voorsitter van die SKDB.

Hy was getroud met Margaretha (Ritha) van Schalkwyk, die dogter van ds AA van Schalkwyk, die Saakgelastigde van die Kaaplandse Sinode. Hulle het drie kinders, nl ZB, Andries en Susan Smit.

Dr Loots is op 25 Januarie 1988 in sy huis op Melkbosstrand oorlede aan kanker. Sy roudiens en begrafnis was op Philadelphia. (Geskryf deur Andrew Kok)