
GEBORE
22 Mar 1932
OORLEDE
27 Jul 2021
UNIVERSITEIT
BA; Lis Teol (US)
gelegitimeer
1956
ORDEN
1957
standplase
1957 Garies
1959 Gamkavallei
1964 Kensington
1967 Middelburg Kaap
1972 Parow-Sentraal
1983 Silverton
EMERITEER
31 Mar 1994
Petrus Albertus du Toit is op 22 Maart 1932 gebore as die seun van Johannes Hendrik Loots en Petronella Alberta Danella Myburgh. Gedurende 1938 en 39 gaan hy skool te Laerskool Theron op Britstown en van 1940 tot 1944 te Ruiterwacht. In 1949 matrikuleer hy aan die Hoërskool Goodwood-Epping. Hy skryf hierna in vir teologie aan die Universiteit van Stellenbosch en behaal in 1952 sy BA. In 1956 behaal hy die Lisensiaat in Teologie. Hy word in Desember 1956 op Stellenbosch gelegitimeer en op 27 Julie 1957 word hy georden as predikant in die NG Gemeente Garies.
Hierna staan hy in verskeie gemeentes in diens. In Maart 1959 word hy bevestig te Gamkavallei, in Mei 1964 te Kensington, in Junie 1967 te Middelburg, Kaap, in Julie 1972 te Parow-Sentraal en laastens in Silverton sedert Februarie 1983. Tydens sy ampstermyn dien hy op onder meer die Sinodale Kommissie van die Wes-Kaap Sinode, die Sinodale Sendingkommissie, die Sendingkommissie en ook die Sinodale Kommissie vir Fondse van Oos-Transvaal en verskeie Ringskommissies.
Hy tree op 30 Maart 1957 in die huwelik met Engela Susara Botma en die egpaar het vier kinders.
Ds Loots emeriteer op 31 Maart 1994 en hy en sy vrou vestig hulle op Glentana.