Loots, Lieb Johannes

Ds. LJ Loots

GEBORE

26 Okt. 1919

OORLEDE

28 Aug. 1989

UNIVERSITEIT

US

GELEGITIMEER

1944

ORDEN

1945

STANDPLASE

1945 Willowmore

1948 Potchefstroom-Noord

1951 Vergenoeg

1957 Wellington

1960 Klerksdorp

1963 Lichtenburg

1963 Sekr. Noordelike agentskap van Bybelgenootskap van S.A.

EMERITEER

1984

Ds Lieb Johannes Loots (26.10.1919 – 28.8.1989)

Hy is op 28 Augustus 1989 in die ouderdom van 69 jaar aan sy huis in Somerset-Wes oorlede. Lieb Loots is op 26 Oktober 1919 gebore. Hy is in 1944 op Stellenbosch tot die bediening toegelaat. Hy was predikant in die gemeentes Potchefstroom, Willowmore, Potchefstroom-Noord, Vergenoeg (Kenia); Wellington, Klerksdorp, Lichtenburg, Niekerkshoop en Riebeek-Kasteel. Hy was ook vir nege jaar sekretaris van die Bybelgenootskap in Johannesburg. Sedert sy aftrede in 1984 het hy en sy eggenote, Iris, hulle in Somerset- Wes gevestig, waar hulle steeds by ‘n aktiewe vol gemeenteprogram in Helderberg betrokke was. In die lewe van hierdie gewaardeerde en beminde evangelie-dienaar was van die mooiste kwaliteite van Christen wees sigbaar. Ds Lieb se bediening is deur avontuurlustigheid gekenmerk. Hy was aldeur maar besig om iets nuuts en opwindings te beplan. Hy laat sy vrou, Iris, en ses kinders met hulle gesinne agter.