GEBORE
–
OORLEDE
27 Junie 1955
UNIVERSITEIT
–
GELEGITIMEER
1954
ORDEN
1955
STANDPLASE
Sendeling in Masjonaland
EMERITEER
–
Ds. Jan Hendrik Loots is op 27 Junie 1955 in die jeugdige ouderdom van nege-en-twintig jaar oorlede. Hy het aan die einde van 1954 sy studies op Stellenbosch voltooi en is op 14 Mei 1955 op Britstown bevestig om sendingwerk in Mashonaland te gaan doen. Slegs ses weke voor sy heengaan is hy met mej. Bettie Kemp ‘n sendingwerkster van Mashonaland, getroud. Hy het met groot verlange na sy werk in die sendingveld uitgesien, maar die wil van die Here was anders. Sy heengaan het ‘n diep indruk op die lewe van baie gemaak en talle is daardeur tot groter toegewydheid aan God opgeroep. Ds. Loots het as student nie net hom ywerig aan sy studies gewy nie, maar het ook veel geestelike werk reeds verrig veral op die in Bloubosnedersetting in Jonkershoek, Stellenbosch.