gebore
29 Mrt. 1933
OORLEDE
3 Mei 2004
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1961
ORDEN
1962
standplase
1962 Vereeniging-Wes
1965 Magaliesberg
EMERITEER
–
Dr Carel De Wet Lombaard (BA, Dipl. Teol., D Lit et Phil) 29/03/1933 – 3/05/2004
CAREL Jacobusde Wet Lombaard is op 29 Maart 1933 gebore in die geskiedkundige dorpie Kestell in die Oos-Vry staat. Sy vader was al die jare in die onderwys, eers op Kestell en Reitz en later skoolhoof te Brandfort, waar sy moeder ook die Here as onderwyseres dien. Carel word groot in ‘n huis waar denke en intel lektuele opvoeding ‘n groot roI speel. Carel was die oudste van vier kinders. Ben word mediese dokter, Jan ‘n dosent in fisiologie aan die Universiteit van Pretoria en Bertsham ‘n verplecgkundige in Pretoria.
Carel ontvang sy eerste skoolopleiding aan die Laerskool Reitz en matrikuleer in 1949 aan die Hoërskool Brandfort. In matriek was hy ‘n prefek in sy skool en stel ineer in akademie belang as in sport. Reeds op skool ontvang hy die roeping om predikant te word. Na skool is hy na UKOVS in Bloemfontein vir sy voorstudie, maar moet weens geldelike tekort sy studies tydelik staak. Carel is na Pretoria waar hy as klerk by Uniewinkels wcrk en buitemuurs aan Tukkies studeer en so in 1956 die BA-graad behaal. 1n 1956 trou Carel met Joey Lindc, ‘n onderwyseres, iemand wat hy van skooldac af ken. Uit hierdie huwelik is twee dogters gebore, Marthea en Cornêl. Marthea is getroud met George (‘n gebore Griek); hulle woon in Cypris en albei is goudsmede. Cornel is getroud en woon in Kaapstad waar sy verbonde is aan ‘n arbeidsburo. Dr Carel en Joey is die grootouers van vier kleinkinders.
Die jong Carel en sy vrou vertrek na die Eikestad waar hy student word aan die Teologiese Seminarium op Stellenhosch, waar hy einde 1961 as proponent gelegitimeer word. In 1962 word prop CJ de W Lombaard met handoplegging ontvang en bevestig in die NG Gemeente Residensia in Vereeniging, waargeneem deur ds Willie Bruwer. 1n 1964 neem ds Carel Lombard ‘n beroep aan na die NG Gemeente Magaliesberg (later verander die naam na Magaliesburg); Met die opening van RAU in Johannesburg, studeer hy verder en behaal die MA-graad in Kliniese Sielkunde. Op 1 Augustus1973 word hy Pastora e Sielkundige van die Sinode van Suid- en Wes Transvaal in Braamfontein, terwyl hy as pastorale hulp in die NG Gemeente Florida werk, ‘n pos wat hy tot sy aftrede met deernis vervul. In 1985 behaal hy sy doktorsgraad in Psigologic aan RAU, met die proefskrif: “Unipolere Endogene Depressie en Bipolêre maniese Depressie: ‘n Psigologiese Vergelyking”.
Ds Johan Pretorius, kollega en vriend in Florida skryf oor die mens Carel: “Ily het ‘n lewende belangstelling gehad in plante – veral kaktusse en broodbome. Dit was sy trots om mense deur sy rotsagtige tuin in Florida Glen te begelei en sy sonderlinge broodbome te wys asook die verskillende soorte kaktusse. Waardering van klassieke musiek was ook sy liefhebbery. Carel gemoeid met huweliksvoorbereiding en hy het kursusse aangehied aan leraars. Dit was vir hom ‘n voorreg om mense wat emosioneel seergekry het, te help om weer op te staan. Hy was maar te gewillig om in die kerk groepe toe te spreek en te motiveer. Selfs oor die radio en TV het hy perspektiewe deurgegee, altyd op sy kalm en rustige manier. Hy was ‘n humoris en het altyd die snaakse in selfs ‘n seersituasie ges ien. Begaafd met intellek, nederigheid, plat-op-di e-aarde menswees, het hy vele pasiënte gehelp opstaan uit hulle moedeloosheid en uitsigloosheid. Vele kollegas het by hom huweliks- en psigopastoraat geleer. Sy kennis van fannakologie was verstommend. Met sy hande kon hy nie werk nie maar sy liefde om mense te help, sy liefde vir broodbome en gedigte te skryf op sy manier, het hom vervulling van sy menswees gegee”.
Dr Carel aanvaar op 31 Maart 1993 sy emeritaat en die egpaar vestig hulle op Melkbosstrand, waar hy steeds besig bly as sielkundige. Aan die einde van 2003 het sy gesondheiddrasties verswak weens kanker. Na ‘n besock aan Florida is hy opgeneem in Bloemfontein vir behandeling en het sy toestand drasties verswak en kon hulle nie tertigkeer na Melkbosstrand nie. Hy word opgeneem in ‘n aftreeoord en sterf op 4 Mei 2004 en word vanuit die NG Gemeente Onze Rust deur sy swaer, ds Frans Erasmus begrawe. Ds Johan Pretorius skryf: “Skaars 71 jaar oud is hy huistoe’, gereed daarvoor soos hy my kort voor sy dood gesê het. Ek eer iny mentor en saam met my, baie medemense wie by hom raad en leiding gevind het”. – Dr Gerdrie van der Merwe.