Lochner, Lambertus Petrus Johannes

 

gebore

29 Apr. 1885

OORLEDE

9 Okt. 1965

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1912

ORDEN

1915

standplase

Petrusville

EMERITEER

1950

Ds. Lambertus Petrus Johannes Lochner: Hy is op 29 April 1885 gebore en in 1912 gelegitimeer. In 1915 het hy predikant van Petrusville geword, waar hy feitlik sy hele bediening aan die versorging en geestelike opbou van die een gemeente gewy het. Na 35 jaar aldaar het by in 1950 sy emeritaat aanvaar, maar in Petrusville bly woon tot op die dag van sy dood, 9 Oktober 1965, in die ouderdom van 80 jaar.(Jaarboek 1967/564).