Liebenberg, Frank William

Ds. Liebenberg Frank

gebore

18 Aug. 1888

OORLEDE

3 Aug. 1959

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1920

ORDEN

1921

standplase

Brandvlei

1923 Port Elizabeth

1925 Barkly-Wes

1931 Vryburg

1947 Boegoeberg

1948 Swartruggens

EMERITEER

1953

Ds. Frank William Liebenberg is op 18 Augustus 1888 gebore. Hy is in 1920 gelegitimeer en het agtereenvolgens die gemeentes Brandvlei, Port Elizabeth, Barkly-Wes, Vryburg (16 jaar); Boegoeberg en Swartruggens bedien. Hy het in 1953 sy emeritaat aanvaar, en is op 3 Augustus 1959 oorlede. Hy het, afgesien van sy baie ander gemeentelike werksaamhede, veel gedoen ter verspreiding van opbouende Christelike leesstof. Selfs na sy aftrede het hy aktief voortgegaan met kolportasiewerk in die gemeentes waar hy waargeneem het.