gebore
11 Jan. 1900
OORLEDE
11 Jun. 1981
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1929
ORDEN
1931
standplase
1931 Parys (Veldprediker)
1946 Malmesbury
1964 Na Moederkerk: Hartskroon
EMERITEER
1970
Ds Christiaan Johannes Liebenberg (11.1.1900 11.6.1981); nog ‘n veldprediker uit Wêreldoorlog II, is op Brakpan oorlede. In 1929 voltooi hy sy studie aan die Sendinginstituut en daarna doen hy in Upington hulpdiens, totdat hy 10.1.1931 in die sendinggemeente Parys bevestig word. In 1941 word hy veldprediker en toe vergesel hy die troepe tot in Egipte en verder. Van 1946 tot sy aftrede Augustus 1960 bedien hy die sendinggemeente Malmesbury. Gedurende die volgende paar jaar doen hy in ‘n hele aantal gemeentes afloswerk, totdat hy 1964 weer ‘n beroep, die keer na die moedergemeente Hartskroon, aanneem. Daar aanvaar hy 28.6.1970 sy emeritaat, om weer eens in verskeie gemeentes met afloswerk te help.(Jaarboek 1982/258).