gebore
1869
OORLEDE
22 Nov. 1939
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1897
ORDEN
1899
standplase
1901 Njassaland
1914 Portugees-Oos-Afrika
1922 Mohammedaanse Send.
EMERITEER
–
Eerw. Albertus Johannes Liebenberg is ook van die gemeente Murraysburg afkomstig waar hy in 1869 gebore is. Na sy opleiding aan die Sending-Instituut is hy in 1897 toegelaat as sendeling van ons Kerk. Sy eerste werkkring was te Kimberley, waar hy die beleëring van die stad met die Tweede Vryheidsoorlog ook deurgemaak het. Later was hy vir enige jare arbeidende te Kongwe, Nyasaland. Vandaar het hy ‘n lang tyd in Portugees-Oos-Afrika die vaandel van die heerlike evangelie omhoog gehou. Hy is andermaal verplaas as arbeider na Nyasaland waar hy gebly het tot 1922 toe hy in 1922 die moeilike werk as Sendeling onder die Mohammedane in die Kaapse Skiereiland onderneem het en in die tuig is hy met groot moed voortgegaan tot enige maande voor sy dood. Vir byna ‘n jaar is hy smartlik krank gewees en is op 22 November 1939 uit sy lyding verlos in die ouderdom van 70 jaar. Hy het as sendeling ‘n swaar stryd gehad en moes veel verduur, maar hy het moedig sy kruis gedra, dit nooit gesleep nie, en is also in die vreugde van sy Heer en Meester ingegaan