Lehmkuhl, Louis Wessels

Ds. LW Lehmkuhl

gebore

23 Jan. 1912

OORLEDE

14 Mei 1974

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1939

ORDEN

1940

standplase

1940 Upington (Hpr.)

1941 Omaruru

1944 Olifantshoek

1945 Alberton

1950 Frankfort

EMERITEER

1972

Ds Louis Wessels Lehmkuhl is 14 Mei 1974 in Kroonstad oorlede. Gebore 23 Januarie 1912, word hy einde 1939 na die voltooiing van sy studie op Stellenbosch, gelegitimeer. Daarna bedien hy Upington (1940, Hpr); Omaruru (1941); Olifantshoek (1944); Alberton (1945) en Frankfort (1950); Vir 22 jaar dien hy in die Vrystaat se Sinodale Sendingkommissie. Na sy aftrede einde 1972, vestig hy hom in die distrik Steynsrus. (Jaarboek 1975/F4).