Le Seuer, Franciscus

Ds Franciscus le Seuer

gebore

1700

oorlede

5 Mei 1758

universiteit

Leiden

orden

1729

gelegitimeer

1729

standplase

1729 Kaapstad

emeriteer

11 Sep. 1746

Ds Franciscus le Seuer was predikant van die NG Gemeente Kaapstad vanaf 1729 tot 1746.

Hy is in 1700 in Ooij, Gelderland gebore. Hy is op 28 Oktober 1720 as student ingeskryf by die Universiteit van Leiden. Hy le op 2 Oktober 1726 die proponentseksamen af voor die Klassis Tiel. Hy meld hom in 1728 by die Klassis Amsterdam aan vir diens in die Indiese kerk. Hy word op 4 April 1729 deur die Klassis geeksamineer. Hy kom aan boord van die Midloo in 1729 na die Kaap. Hy lewer sy eerste preek aan die Kaap op 16 Oktober 1729.

In die tweede helfte van 1730 en eerste drie maande van 1731 lewer hy ook diens in Stellenbosch en Drakenstein. Hy beywer hom ook vir ‘n Klassikale vergadering tussen die drie gemeentes. Hierdie Klassis het in 1746 hul eerste vergadering gehou.

Hy tree op 2 April 1730 in Kaapstad in die huwelik met Johanna Catharina Swellengrebel, die tante van goewerneur Hendrik Swellengrebel. Omdat hy aan graveel gely het, emeriteer hy op 11 September 1746 om op sy plasie Ekelenburg naby Rondebosch, wat hy van sy skoonvader gekoop het, te gaan boer. Hy is op  in Rondebosch, Kaapstad oorlede.