gebore
12 Apr. 1929
OORLEDE
06 Feb. 1997
UNIVERSITEIT
BA (UOVS); Dip Teol (US)
gelegitimeer
1953
ORDEN
1954
standplase
1954 Moorreesburg
1959 Jamestown
1965 Colesberg
1971 Algoapark
1977 Queenstown
EMERITEER
26 Jul 1992
Ds Willem Jacobus Le Roux BA, Dipl Teol 12.04.1929 – 06.02.1997
Willie Le Roux is op 12 April. 1929 op Lady Grey gebore waar sy vader ‘n bouaannemer was. Op 68-jarige leeftyd het by op 6 Februarie 1997 na sy vaderhuis gegaan.
Na sy skoolloopbaan op Lady Grey, waar by in 1946 in die eerste klas matrikuleer, gaan by na die Universiteit van die Vrystaat waar by ‘n BA-graad behaal. Daarna studeer by aan die Kweekskool op Stellenbosch waar hy ‘n Teologiese Diploma verwerf en in 1953 gelegitimeer word.
Hy begin sy bediening op Moorreesburg waar by op 9 Julie 1954 georden word. Daarna verhuis hy na die Oos-Kaap waar by die gemeentes Jamestown (vanaf 10 Oktober 1959); Colesberg (vanaf Julie 1965); Algoapark (vanaf 16 Oktober 1971) en Queenstown (vanaf 18 Januarie 1977) bedien. Daar ontvang hy, na 38 jaar in die bediening, op 26 Julie 1992 sy demissie en by en sy eggenote gaan woon op Frankfort in die Vrystaat.
In die Sinode van Oos-Kaap was by vanaf 1973 tot 1985 lid van die Kommissie vir Administrasie. Van 1976 tot 1991 was hy aktuarius van die Sinode van Oos-Kaapland.
Uit sy huwelik op 14 Julie 1955 met Fransiska Gericke, ‘n nooi van Noupoort, is vier kinders gebore: Marius (tans predikant op Albertinia); Frikkie (tans boer); Willie (tans dosent by Unisa) en Francien (woonagtig in Kanada); Sy gesin onthou hom veral vir sy mooi verhouding met Siska, die kinders en die kleinkinders waarvan daar reeds agt is. Vir die kinders was hy altyd die voorbeeld en getuie van ‘n opregte Christenmens. Hy het altyd tyd vir sy kinders en kleinkinders gehad.
By was gesinsman, herder, regsman en vriend. Hy het aan almal aandag gegee en veral ook jonger leraars bygestaan en ingelei in rings- en sinodale sake. Sy wyse insigte en nugter raad het meegebring dat hy die respek en vertroue van sy kollegas gehad het.
Hy sal onthou word vir sy rustige en kalm optrede in vergaderings en absolute noukeurigheid in sy werk. Hy kon met sy helder insig ‘n knoop deurhak en spanning ontlont. Hy kon in ‘n tyd van moeilike regsgedinge die sinode veilig deurlei. Ook in sy gemeentes was hy die vriend wat kon luister en lei. Met algehele toewyding het hy sy bediening benader.
Na sy aftrede geniet by dit om houtwerk te doen en ‘n potjie gholf te speel, waar by op die gholfbaan as ‘Baas Doom’ bekend was. Reeds in 1981 het hy ‘n groot hartomleidings-operasie ondergaan. Hy moes egter in Februarie 1997 ‘n tweede sodanige operasie in Bloemfontein ondergaan. Hy is skielik in die hospitaal oorlede op 6 Februarie. Op 11 Februarie 1997 is hy op sy geboortedorp, Lady Grey, te ruste gelê. – (F Fourie, aangevul deur DJ Viljoen uit biografiese gegewens wat deur sy vrou en seun Willie voorsien is.)