gebore
–
OORLEDE
16 Apr. 1952
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1901
ORDEN
1902
standplase
1918 Calvinia
1924 Franschhoek
EMERITEER
1939
Eerw. Pieter Louis le Roux is in 1901 gelegitimeer en het in 1902 te Ceres begin waar hy, totdat hy in 1918 na Calvinia vertrek het, werksaam was. In 1924 het hy ‘n beroep na Franschhoek aanvaar en was daar werksaam totdat hy in 1939 sy emeritaat aanvaar het. Na die aanvaarding van sy emeritaat was hy te Touwsrivier behulpsaam en het so die fondamente vir die huidige sendinggemeente aldaar gelê. Later het hy hom te Hermanus gevestig waar hy daardie deel van die sending gemeente van Caledon bearbei het. In die moedergemeente het hy as ouderling diens gedoen en toe die gemeente later vakant was, het hy as hulp waargeneem. Eerw. le Roux is op 16 April. 1952 in die ouderdom van 79 jaar in die hospitaal te Caledon oorlede.