gebore
–
OORLEDE
24 Aug. 1954
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1896
ORDEN
1897
standplase
Hulpleraar verskillende Moedergemeentes o.a. Herold, Pearston, Murray
EMERITEER
1936
Eerw. Philippus Lodewicus le Roux is in 1896 gelegitimeer en in 1897 as leraar van Melsetter georden. Hy het groot dienste tot die geestelike en kulturele opbou van die Afrikaanse nedersetters in Rhodesië gelewer. Hy het egter sy kragte ooreis en was verplig om weens verswakte gesondheid in 1904 na Suid-Afrika terug te keer. Nadat sy gesondheid verbeter het, het hy in verskillende gemeentes as hulpleraar opgetree en in verskeie ander kapasiteite diens gedoen, o.a. as hoof van die destydse industriële skool te Oudtshoorn. Later is hy as leraar van die sending-gemeente te Touwsrivier bevestig alwaar hy werksaam was tot 1936 toe hy sy emeritaat aanvaar het. Hy is op 24 Augustus 1954 oorlede