gebore
10 Jun. 1868
OORLEDE
21 Okt. 1950
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1907
ORDEN
1908
standplase
Villiers, 0.V.S.
EMERITEER
1938
Ds. Jan Charles le Roux wat op Greylingstad onlangs op twee-en-tagtig-jarige leeftyd oorlede is, is op 10 Junie 1868 gebore. Hy is in 1907 gelegitimeer en die volgende jaar georden en as leraar van Villiers (0.V.S.) bevestig. Hierdie gemeente het hy dertig jaar lank getrou en met groot bekwaamheid bedien totdat hy in 1938 sy emeritaat aanvaar het. Van toe af was hy op Greylingstad, waar ‘n seun van hom as geneesheer praktiseer, woonagtig en het hy groot dienste aan die gemeente bewys deur talle kere preekbeurte in die gemeente waar te neem. So lank as wat sy kragte dit toegelaat het, het hy aktief in die diens van die Here gestaan.