Le Roux, Jacobus Francois

 

gebore

13 Aug. 1923

OORLEDE

05 Nov. 1995

UNIVERSITEIT

 –

gelegitimeer

1972

ORDEN

1973

standplase

1973 Soutpan

1976 Bethlehem-Oos

1981 Fichardtpark

EMERITEER

Ds Jacobus George Louw BA 13.08.1923 – 05.11.1995

Jacobus George Louw het in die distrik Brits, waar hy op 13 Augustus 1923 gebore is, grootgeword. As seuntjie het hy baie ernstig siek geword en was daar, menslik gesproke, geen hoop vir hom nie. Sy ouers het op ‘n keer die kamerdeur toegemaak en baie ernstig vir sy genesing gebid en belowe dat hulle hom aan die Here sou toewy.

Na sy skoolloopbaan is hy na Stellenbosch en voltooi sy teologiese studies aan die einde van 1949 toe hy gelegitimeer word.

In 1950 word hy as leraar van Vryburg georden. ‘n Jaar later word hy op Mispa bevestig. In 1957 neem hy ‘n beroep aan na Migdol en in 1963 na Randfontein-Wes. Hier arbei hy vir die 1aaste 20 jaar van sy bediening. In ApriL. 1983 moet hy om gesondheidsredes sy emeritaat aanvaar.

Hy is op 1 Maart 1952 getroud met Annatjie van Wyk. Hulle neem drie kinders aan naamlik Ansie, Jakobus en Jakobie. Hy word deur hierdie familielede van hom en ‘n aantal kleinkinders oorleef toe hy op 5 November 1995 oorlede is.

Japie Louw was ‘n stil, minsame en nederige mens. Kenmerkend van hom was sy onselfsugtige medemenslikheid. Daarom was hy geliefd onder sy mense. Sy prediking was vir hom ‘n saak van groot erns. Hy het sy preke deeglik voorberei en die Skrif uitgelê en toegepas.

Sy pastorale werk, sy huisbesoek en siekebesoek, asook probleemgevalle het hy met die grootste toewyding gedoen. Ons glo dat, soos ‘n Dawid van ouds, hy ook ‘n man na die hart van God was. – Ds Frik Horn.