gebore
13 Aug. 1880
OORLEDE
9 Mei 1968
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1913
ORDEN
1915
standplase
1915 Niekerkshoop
1920 Rietbron
1929 Jansenville
EMERITEER
1946
Ds. Jacobus Albertus van Zyl le Roux is op 13 Augustus 1880 in die distrik Robertson gebore. Hy was eers boer, toe onderwyser en uiteindelik predikant. Na sy legitimasie in 1913 het hy agtereenvolgens die gemeentes Niekerkshoop, Rietbron en Jansenville bedien. In 1946 het hy sy emeritaat aanvaar, maar het nog 15 jaar onvermoeid tydelike werk in verskeie gemeentes gedoen. Gedurende sy bediening was hy ‘n beminde figuur in die gemeentes wat hy bearbei het, en op kerklike gebied het hy in verskeie belangrike kommissies gedien. Hy is op 9 Mei 1968 in die onderdom van 87 jaar oorlede.