gebore
–
OORLEDE
18 Des. 1965
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1929
ORDEN
1933
standplase
1933 Soedan
1943 Mochudi
1946 Westford-Melaatse-inrigting
1956 Superintendent Melaatse-inrigting, Amatikulu
EMERITEER
–
Dr. Izak le Roux: Hy is in Tulbagh gebore. Na die voltooiing van sy mediese studies in Dublin, Ierland, het hy in 1928 na die Soedan vertrek, waar hy vir sowat agt jaar die groot en heerlike mediese werk gedoen het. Ten gevolge van sy toegewyde Christelike gesindheid het hy later besluit om die teologiese kursusvan ons sendelinge in die Sending-Instituut te volg, en so was hy seker ons enigste sendinggeneesheer wat ook ‘n geordende sendeling was. Na sy terugkeer uit die Soedan het hy vir korter of langer tydperke in Sekoekoeniland, op Mochudi en Derdepoort en op Amatikulu gearbei; ook by Westford, naby Pretoria, onder die melaatses, en op Sonderwater onder die teringlyers en ander. Hy is op 18 Desember 1965 na ‘n ernstige siekbed en operasie in Pretoria oorlede, in die ouderdom van 67 jaar. (Jaarboek 1967/564).