Le Roux, Gabriel Petrus

 

GEBORE

19 Jul. 1896

OORLEDE

25 Nov. 1970

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1929

ORDEN

1930

standplase

 1930 Douglas

1936 Albanie

1943 Alexandria

1947 Komga

1951 Clanwilliam

EMERITEER

1962

Ds. Gabriel Petrusle Roux, gebore 19 Julie 1896, is op 25 November 1970 in die hospitaal op Somerset-Wes oorlede. In 1929 gelegitimeer, werk hy vir ‘n tydjie in Boksburg en toe agtereenvolgens in die gemeentes Douglas (1930); Albanie (1936); Alexandria (1943); Konaga (1947) en Clanwilliam (1951); Na sy emeritaat aanvaarding in 1962, vestig hy hom op Gordonsbaai en tot enkele maande voor sy dood doen hy afloswerk en tree hy ook as hospitaal leraar in Kaapstad en omgewing op. Hy was ‘n innige en kinderlike gelowige, wat met getrouheid aan sy roeping die Woord van die waarheid verkondig het. (Jaarboek 1972/539).