Laurie, Dirk Pieter Van Zyl

Ds. DPvZ Laurie

GEBORE

28 Okt. 1889

OORLEDE

8 Okt. 1976

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1915

ORDEN

1916

standplase

 1916 Njassa-Sending.

1930 Steynsrus

1936 Greytown

1944 Vanrhynsdorp

1945 Saakgelastigde Natalse Kerk

EMERITEER

Ds Dirk Pieter Van Zyl Laurie. (28.10.1889 – 8.1O. 1976) groei in Porterville op. Hy geniet sy akademiese en teologiese vorming op Stellenbosch en tree 1915 tot die bediening toe. Vanaf ApriL. 1916 werk hy met groot vrug in ons Njassasending tot 1930 toe hy weens die gesondheidstoestand van sy gesin die veld moet verlaat. Daarna bedien hy Steynsrust in die Vrystaat (1930); Greytown in Natal (1936) en Vanrhynsdorp in Kaapland (1944); Begin Desember 1945 aanvaar hy diens as saakgelastigde en armesorgsowel as sendingsekretaris van die Natalse Kerk ‘n drievoudige amp wat hy jare lank met ywer en getrouheid behartig, totdat iemand anders sekretaris van die SKDB word. Na sy aftrede einde Augustus1956 vestig hy hom op Porterville, waar hy nog by geleentheid die Woord bedien. Die laaste vier van sy byna 87 lewensjare woon hy in die Strand. Hy lê die staf na ‘n siekbed van vier maande in die hospitaal op Somerset-Wes neer. Sy eerste eggenote was ‘n dogter van wyle dr en mev JD Kestell. Hy was ‘n besondere fyn, netjiese en beskeie mens wat sy bediening met ‘n mooi waardigheid versier en allerweë agting afgedwing het. Veral op sendinggebied het hy baie tot stand gebring. (Jaarboek 1977/311).