GEBORE
5 Sep. 1898
OORLEDE
8 Aug. 1961
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1924
ORDEN
1926
standplase
EMERITEER
1932
Ds. Stephanus Johannes Latsky is op 5 September 1898 op Heilbron gebore. Na sy legitimasie in 1924 het hy tydelik in Velddrift en Sutherland gearbei, en daarna was hy ses jaar predikant van Strydenburg. Nadat hy in 1932 weens verswakte gesondheid moes aftree, het hy hom veral aan skryfwerk gewy. Sy artikels en geskrifte is in wye kringe met seën gelees. Hy is op 8 Augustus 1961 oorlede, in die ouderdom van byna 63 jaar.