GEBORE
21 Okt. 1903
OORLEDE
15 Jan. 1991
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1929
ORDEN
1930
standplase
1930 St. Stephens, Kaapstad
1955 Org. Sendingsekretaris (Kaapland)
1961 St. Stephens
EMERITEER
–
Ds Pieter Starrenberg Latsky, BA, Th-M (21.1O. 1903-15.01.1991);
Ds Latsky, voorheen leraar van die St Stephen’s gemeente in Kaapstad en ook organiserende sendingsekretaris in Kaapland, is op Dinsdag 15 Januarie in die ouderdom van 88 jaar in die Elizabeth-hospitaal in Oranjesicht oorlede nadat by vier jaar klierkanker gehad het.
Ds Latsky was die seun van eerw C H E Latsky en Johanna Sterrenberg, dogter van die destydse Duitse sendeling, eerw Pieter Sterrenberg van Wuppertal. Nadat by op Stellenbosch gestudeer het, het ds Latsky sy meestersgraad in teologie aan die Princeston-Universiteit in die VSA verwerf.
Vanaf 1930 tot 1955 was by predikant van die St Stephen’s-gemeente, die enigste bruin gemeente van die Ned Geref Kerk. Vir ses jaar daarna was by organiserende sendingsekretaris van Kaapland, maar in 1961 is by weer beroep na sy vorige gemeente waar by tot en met sy aftrede in 1968 gebly het.
Na sy aftrede het hy nog 13 jaar lank afloswerk in die gemeentes Ysterplaat, Maitland en Tamboerskloof gedoen. Met sy 80ste verjaardag het by gesê dat ‘n gesonde leefwyse en om gereeld in die koue seewater van Kampsbaai te swem, hom fiks hou en dat by kans sien om die 100-jaar-kerf te Baal.
Ds Latsky is uit die St Stephen’s-kerk begrawe. Hy laat sy vrou, Carol (83); twee seuns en ‘n dogter, agt kleinkinders, vyf agterkleinkinders en ‘n suster agter.