GEBORE
1 Okt. 1870
OORLEDE
3 Aug. 1950
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1897
ORDEN
1897
standplase
1903 Wynberg (Hpr.)
1904 Carnarvon (Hpr. Moedergemeente)
1905 Stellenbosch
EMERITEER
1946
Eerw. Christoffel Hermanus Engelbertus Latsky is gebore op 1 Oktober 1870 te Carnarvon. Hy is in 1897 gelegitimeer en dieselfde jaar georden en as leraar van die sendinggemeente van Heilbron bevestig. Na die Anglo-Boere-oorlog was hy hulpprediker te Wynberg en in 1904 het hy as hulpleraar in die moedergemeente van Carnarvon opgetree. In 1905 het hy egter op versoek van die kerkraad van Stellenbosch die kleurlinge in Stellenbosch en omgewing begin bearbei en eerlang is ‘n bloeiende sendinggemeente in die lewe geroep. Een-en-veertig jaar lank het hierdie getroue dienskneg van die Here die gemeente bedien en groot seën het op sy werk gerus. Met verbasende volharding en getrouheid het hy deur die lange jare heen sy gemeente bearbei totdat hy in rype ouderdom sy emeritaat in 1946 aanvaar het. Hy is op 3 Augustus 1950 oorlede. Drie seuns en een skoonseun van wyle Eerw. Latsky is geordende leraars van ons Kerk.